Suid Afrika: Wit mense hoort nie hiér,’ sê jeugliga

(005320.38-:E-003569.93:N-HO:R-SU:C-30:V)   


Jan‘s Advertisement
Video: How America bullied Japan Into WW2 - Part 1
This is a 2 part series about the disgusting way America forced Japan to fight them.


7 Oktober 2024
Elisma van der Watt

Sakkie Spangenberg, ? bekende sakeman van Upington in die Noord-Kaap en eienaar van die gewilde toeriste-attraksie Sakkie se Arkie, is deur vyf lede van die ANC-jeugliga in die dorp aangerand. Hy moes boonop hoor dat die grond – waar sy Arkie vasgemeer is – “? ANC plek is en dat wit mense nie daar hoort nie”.

Dit volg nadat hy op versoek van Henk Opperman, ? DA-raadslid van die dorp, ? foto geneem het van ? munisipale vragmotor wat ? swembad met water volmaak by die ontspanningsoord, wat hy deel met ? ander onderneming. Die voorval het op die laaste Vrydag in September plaasgevind.

Volgens Opperman is daar nie toestemming verkry om die munisipale water vir die swembad te gebruik nie. “Ek het vir Henk ? foto van die trok geneem toe die lede my bestorm. Ek het dit duidelik gemaak dat ek nie vir hulle afneem nie, maar wel die trok. Ek het vir hulle die foto gewys en een persoon het my foon gegryp,” sê Spangenberg.

In die video van die voorval, wat Maroela Media onder oë gehad het, dra die lede hemde van die betrokke jeugliga.

Spangenberg het aangedring daarop dat die persoon sy foon teruggee, maar dié het bloot geweier.

“As ek my foon probeer vat, stamp hy my rond en gee my ? paar klappe. ? Ander lid het my gevloek en gedreig dat hy my gaan doodmaak.”

Die vyf lede het toe met mekaar begin praat en oogkontak met Spangenberg verloor. Hy het die geleentheid gesien om sy foon te gryp, maar die ander lede het hom van agter oorrompel.

“Dit was omtrent ? geslaan en ruk en pluk. Ek het verskeie kneusplekke oor my lyf en krapmerke in my gesig, nek en bors opgedoen.”

Die passasiers op die Arkie en van sy werknemers het ook hulp kom verleen.

Volgens Spangenberg het die lede van die jeugliga toe gedreig om die passasiers se voertuie te beskadig en benadruk dat die ontspanningsoord ? “ANC plek is en wit mense hoort nie hier nie”.

Inwoners van die dorp het boonop twee van die ANC-jeugliga-lede geïdentifiseer as familie van Elias Ntoba, die munisipale bestuurder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit.

Spangenberg het aan Maroela Media vertel dat hy reeds doodsdreigemente ontvang het oor die gebruik van die Arkie by Olivierpark op die oewer van die Oranjerivier. Die munisipaliteit wil die grond waar dit vasgemeer is, aan ? ander party verkoop en Spangenberg is aan die begin van die jaar aangesê om die vaartuig hier te verwyder. Hy het egter vasgeskop.

Spangenberg sê nou dat die polisie en Dawid Kruiper-munisipaliteit niks aan die dreigemente en aanranding doen nie.

“? Polisiekaptein het my gewaarsku dat ek nie meer alleen in die dorp moet beweeg nie en altyd gewapen bly.”

Hy het ná die voorval ? saak van aanranding by die polisiestasie op Upington geopen en ook ? mediese verslag ingedien.

Die polisie het Spangenberg die dag ná die voorval ingelig dat hulle nie die mans in hegtenis kan neem nie omdat hulle onder die invloed van drank is.

Die ANC-jeugliga in Upington kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

Source: Maroela Media



Jan‘s Advertisement
Video: WTA02: NATOs Secret Wars: How Portugal fought Blacks in Africa with NATO and US help
This video also contains the fabulous story of how and why West Germany was quickly admitted into NATO after WW2. In here you will see how different European nations are, compared to America and weak Britain.

%d bloggers like this:
Skip to toolbar