Solidariteit Beweging verwelkom kritiek in Amerikaanse kongres oor rigting van ANC-regering


Jan‘s Advertisement
Black Monday in 2017! The Biggest White protest about Farm Murders
128 Photos: The Day of White anger over Farm Murders! STOP KILLING OUR WHITE FARMERS!!! This was the biggest White protest in the history of South Africa. You‘ll be blown away by what Whites did that day!


Die Solidariteit Beweging het ’n reeks skerp uitsprake gister deur die voorsitter van die Afrika-subkomitee in die Amerikaanse kongres in Washington DC, verwelkom. John James, ’n swart Republikein van Michigan, het tydens ’n openbare verhoor oor die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA gesê dat Suid-Afrika onder die ANC-regering in ’n slegte spiraal van korrupsie, staatskaping en toenemende regeringsafhanklikheid verval het en dat daar van die waardes wat in die 1990’s deur die ANC-regering voorgehou is, wegbeweeg is.

Die Solidariteit Beweging het verlede week tydens ’n besoek aan Washington verskeie dokumente aan James se beleidshoof oorhandig. Dit sluit in dokumente oor staatskaping, die voorgenome onteiening sonder vergoeding, sentralisering van mag, asook misdaadsyfers, insluitende dié van plaasmoorde. Volgens Werner Human, operasionele hoof van die Beweging, is verskeie van die Beweging se argumente tydens gister se verhore deur James en sy mede-kongreslede gebruik. “Dit is vir ons duidelik dat ’n baie sterk stem teen die ANC se misbruik van mag in die Amerikaanse kongres na vore tree. Ons verwelkom dit.”

Die Solidariteit Beweging is tans op ’n uitgebreide besoek aan die VSA waartydens inligting oor gebeure in Suid-Afrika aan beleidsmakers beskikbaar gestel word, asook konkrete voorstelle oor wat die VSA kan doen om die oppergesag van die reg in Suid-Afrika te help beskerm, en wat gedoen kan word om Suid-Afrika se toenemende sentralistiese en anti-Westerse beleidsrigtings te help stuit. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, is daar die afgelope maande voortdurend met lede van die Amerikaanse kongres, sowel as politici in verskeie Amerikaanse deelstate, hieroor geskakel.

“Ons verwag dat die druk op die ANC-regering oor die volgende maande wesenlik gaan toeneem. Terwyl gister se verhoor in Washington ? voorsmakie daarvan gebied het, verwag ons ook dat politici in verskeie deelstate binnekort sterk standpunt gaan inneem teen die sentralisasie van mag deur die ANC, nuwe diskriminasie teen minderhede in Suid-Afrika, die voortdurende staatskaping en korrupsie deur die ANC, die EFF en sommige ANC-politici se rassistiese retoriek asook teen die regering se beleid wat pro-China en pro-Rusland is en wat toenemend ook ? anti-Westerse kleurtjie kry.”

James was veral krities oor die ANC se beplande wetgewing oor onteiening sonder vergoeding en die agteruitgang van demokrasie in Suid-Afrika. “Geen land ter wêreld het demokraties gebly nadat weggedoen is met die bevolking se regte op privaat eiendom nie en ek bly bekommerd oor die ANC se wegdrywing van demokrasie en konstitusionele heerskappy, veral in die lig van die Verkiesingswysigingswet wat in April bekragtig is – wetgewing wat die fundamentele demokratiese beginsel van proporsionele verteenwoordiging ondermyn.”

Volgens Human het die Solidariteit Beweging verlede week sowel die voorgestelde wysiging van artikel 25 van die Grondwet, die sogenaamde eiendomsklousule, as die Onteieningswetsontwerp aan James se beleidshoof oorhandig. “Suid-Afrika, as ? veronderstelde grondwetlike demokrasie, het privaat eiendomsreg in 1996 in die Grondwet verskans, met ? noodsaaklike klousule wat bepaal dat geen eiendom sonder vergoeding onteien mag word nie. Die ANC is nou vasbeslote om dit te verander, en die roete van Venezuela en andere te volg om die demokratiese imperatief van eiendomsreg omver te werp. Die wetsontwerp oor die grondwetwysiging is hierby aangeheg. Ná ? eerste ronde van openbare verhore en insette het die proses tot ? stilstand gekom. Die kwessie kan egter op enige tydstip weer opvlam,” aldus Human.

Volgens Kleynhans beplan die Solidariteit Beweging om Suid-Afrika se beleidsrigting oor die volgende paar maande deur omvattende druk uit die VSA in die regte rigting te help stuur. “Ons het vandag weer ? beroep op politici gedoen om nie gewone mense in Suid-Afrika deur strenger handelsbeperkings en soortgelyke maatreëls te straf nie, maar om die ANC se korrupsie, wanbestuur, diskriminasie en ideologies-gedrewe buitelandse beleid feller te kritiseer en die ANC-regering verder te isoleer. Ons werk ook aan ? omvattende plan om steun in die VSA vir die burgerlike samelewing in Suid-Afrika te werf. Gister se verhoor in Washington help om momentum hiervoor te skep.” Lees kongreslid John James se volledige toespraak hier.

Source: https://aanlyn.solidariteit.co.za/publieke/artikel/solidariteit-beweging-verwelkom-kritiek-in-amerikaanse-kongres-oor-rigting-van-anc-regering



Jan‘s Advertisement
The real Secret of Oprah Winfrey‘s Success: She only/mainly hires WHITES!
Some weeks ago you will remember I posted a news item from the USA where people were remarking that Oprah lorded over whites. She said something about hiring only/mainly white people and now she orders them around

%d bloggers like this:
Skip to toolbar