2008: Afrikaans Proposal for a People’s Congress: Freedom Congress


Jan‘s Advertisement
Video: WRH002: 2,200 Years ago: How Red Haired Whites (Celts) discovered New Zealand
This is the story of the whites who did not go to Europe. This is the branch of Whites who went to Persia (modern day Iran) and India. What happened to some of these whites? This is the bizarre story of how they got to South America; Easter Island and finally, New Zealand.


[While going through my old AfricanCrisis documents, I found this letter. This may be of interest to Afrikaners, and its good that there’s an organisation like this. We’ve been thoroughly lied, cheated and screwed over … and in the end we’ve lost all the power we had! So, we’ll have to struggle our way forward to regain power over our own affairs.  Jan]

VOORSTELLE VIR ‘N VOLKSKONGRES / VRYHEIDSKONFERENSIE

 

Gedagtes oor ‘n volkskongres/vryheidskonferensie of ‘n soortgelyke byeenkoms het gedurende die afgelope paar weke onder Afrikaners gesirkuleer.  (By die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief gebruik ons die term Afrikaner om na ons volk te verwys.  Ons het egter geen beswaar teen die gebruik van die term Boer nie).  Aangesien sodanige gedagtes reeds vir ‘n geruime tyd in BVI-geledere bespreek word, het die Sentrale Vryheidskomitee van die BVI besluit dat dit tyd geword het om meer konkrete voorstelle in hierdie verband vir bespreking op die tafel te plaas.  Hieronder volg dit:

 

  • DOEL

 

Daar is ‘n groeiende getal Afrikaners by wie die strewe na vryheid vir ons volk in ons eie land al sterker begin word.  Hulle is egter versprei oor die lengte en breedte van ons land en bevind hulleself in ‘n verskeidenheid van organisasies.  Daar is ook verskillende sieninge oor ‘n strategie vir vryheid.  Teen hierdie agtergrond sien ons die volgende as doelstellings vir so’n byeenkoms:

 

  • Vryheidsgesinde Afrikaners moet mekaar persoonlik ontmoet en beter leer ken.

 

  • Gedagtes oor bestaande en beplande vryheidsaksies kan uitgeruil word.

 

  • Daar kan besin word oor ‘n gesamentlike strategie vir die herwinning van ons vryheid.

 

 

  • DEELNAME EN AARD

 

  • Verteenwoordigers van organisasies sowel as persone in hulle privaathoedanighede moet kan deelneem aan die byeenkoms. Dit moet oop wees vir enige organisasie of individu wat voel dat hy een of ander bydrae tot ons vryheidstryd lewer of wil lewer.

 

  • Elke organisasie wat die byeenkoms bywoon, moet die geleentheid kry om in die bestek van (sê) ‘n kwartier die aanwesiges in te lig oor sy bestaande bydrae tot die vryheidstryd sowel as sy siening oor die pad vorentoe.

 

  • ‘n Sessie waarin ‘n aantal individue vir (sê) 5-minute voorleggings kan deelneem, moet ingepas word.

 

  • Ruim geleentheid vir vrae en besprekings tydens die sessies en vir informele ontmoetings en gesprekke tussen die sessies moet gebied word.

 

  • Toesprake en besprekings oor politieke opvattinge en godsdienstige leerstellinge wat nie met die vryheidstryd verband hou nie, moet vermy word maar daar moet tafels wees waar organisasies hulle literatuur aan bywoners van die byeenkoms beskikbaar kan stel. Die oprigting van ‘n nuwe sambreelorganisasie moet ook vermy word.

 

  • Aan die einde van die byeenkoms moet die belangrikste sake waaroor daar ooreengekom is in ‘n dokument saamgevat word.

 

  • Die byeenkoms moet deur ‘n onafhanklike fasiliteerder gelei word ten einde te verhoed dat die konferensie deur enige organisasie of organisasies vir eie belang ingespan word.

 

 

Elke persoon wat die byeenkoms bywoon, moet die gerustheid hê dat sy siening dieselfde  kans het om aangehoor te word as enige ander persoon of organisasie s’n.

 

  • Die hele onderneming moet plaasvind in ‘n gees van persoonlike offervaardigheid en selfverloëning en in die besef van ons totale afhanklikheid van God.

 

  • PLEK

 

Dit moet verkieslik op ‘n sentrale plek gehou word om dit vir die grootste getal moontlike persone toeganklik te maak.  Daarvoor sal Bloemfontein baie geskik wees.  Verreweg die meeste organisasies wat moontlik so’n byeenkoms sal bywoon se leiers en hoofkantore is egter in Pretoria en omgewing en daarom sal Pretoria waarskynlik die aangewese plek wees.

 

 

  • DATUM EN TYD

 

Ons moet vir onsself genoeg tyd toelaat om die reëlings te tref en dit sal goed wees as die byeenkoms gereël kan word op ‘n dag wat ‘n historiese verbintenis met ons vryheidstryd het.  Indien daar goed gevorder word met die proses van onderlinge raadpleging tussen voornemende deelnemers kan die byeenkoms moontlik oor die naweek van 10 tot 12 Oktober gehou word.  Dit kan beperk word tot Saterdag 11 Oktober of dit kan reeds die Vrydagaand begin en uitgebrei word tot Sondag 12 Oktober om ‘n verootmoedigingsgeleentheid daarby in te sluit.  Andersinds sal ‘n datum rondom die herdenking van die slag van Majuba op 27 Februarie volgende jaar dalk geskik wees.

 

 

  • REËLINGS

 

Indien daar voldoende belangstelling vir die byeenkoms is, kan daar uit die geledere van die belangstellendes ‘n reëlingskomitee saamgestel word.

 

 

  • FINANSIES

 

Die koste vir die byeenkoms moet tot die minimum beperk word.  Vir die onvermydellike kostes sal bydraes van die voornemende deelnemers gevra moet word.

 

 

  • BENAMING

 

Van die twee benamings wat reeds genoem is, naamlik ‘n volkskongres en ‘n vryheidskonferensie verkies ons laasgenoemde.  Dit weerspieël die doel van die byeenkoms beter en ‘n konferensie word normaalweg beskou as ‘n meer informele byeenkoms as ‘n kongres.

 

Die BVI wil dit graag beklemtoon dat bogenoemde slegs voorstelle is om ‘n gesprek oor die saak aan die gang te sit.  Ons sal nie probeer om enigsins druk uit te oefen vir die aanvaarding daarvan nie.  Die vorm wat die byeenkoms uiteindelik aanneem, moet die resultaat wees van ‘n oop en objektiewe besluitnemingsproses.  Indien daar ander inisiatiewe vir die reël van so’n byeenkoms ontstaan, moet alles moontlik gedoen word om samewerking en sinkronisasie te verkry.

 

Dagbestuur van die BVI

 

PIKETBERG

 

MEI 2008

 

 



Jan‘s Advertisement
Video: The European Race as an Immortal Biological Animal
What are Whites? Are we individuals or groups or some other arrangement? Professor Quigley raised this question for all humans. He also explained what Hitler thought. One day I had an interesting side chat with Matt Hales Mom and another lady, and the subject of Immortal Animals came up.

%d bloggers like this:
Skip to toolbar