Leerlinge van Hoërskool Vishoek ontvang traumaberading ná diversiteitskursus van DA-beheerde Wes-Kaap se depar tement van onderwys oor rassisme en geloof
(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)
Dr. Wynand Boshoff
In wat herinner aan die gebeure op Schweizer-Reneke in 2019, is leerlinge van die hoërskool op Vishoek Maandag só erg getraumatiseer deur ʼn sogenaamde “diversiteitskursus” oor rassisme en geloof by die skool dat talle van hulle sielkundige berading ontvang.
Die gedwonge "kursus" is deur die DA-provinsiale regering se onderwysdepartement gereël en aangebied.
Die DA-regering pas dieselfde gefaalde rasgedrewe ideologie as die ANC toe wat tot rassepolarisasie lei en ‘n beter toekoms van gelyke geleenthede vir almal bedreig.
Altesame 800 leerlinge is verplig om dit by te woon en moes vir twee en ʼn half ure onder meer luister dat slegs wittes rassiste kan wees terwyl daar ook ʼn skerp aanval op Christenskap gedoen is.
Die VF Plus gaan ʼn klag by die menseregtekommissie (MRK) teen die Wes-Kaapse departement van onderwys indien oor die aangeleentheid.
Volgens ouers en inligting in die VF Plus se besit, het drie amptenare vergesel van ses sielkundiges van die departement dié “kursus” van twee en ʼn half uur lank aangebied. Onderwysers moes buite wag.
Leerlinge is belet om opnames te maak en is gedreig dat hul fone afgeneem en enige opname of foto skoongevee sou word indien hulle wel ʼn opname maak. Enkele leerlinge het dit wel gedoen.
Op die opnames kan duidelik gehoor word hoe die uitlatings groot ontevredenheid onder die leerlinge veroorsaak.
ʼn Seun, wat duidelik ontsteld was, het gevra waarom swartes dan betrokke is by soveel plaasmoorde. Hy is op beledigende wyse die swye opgelê en is nie toegelaat om verder te praat nie.
ʼn Dogter kon wel die saal verlaat met die verskoning dat sy dringend die badkamer moes besoek. Sy is na ʼn onderwyser en het aan hom vertel dat die kinders erg getraumatiseer word in die saal.
Hy is saam met haar terug en het probeer om die kursus stop te sit, maar is beveel om die saal te verlaat.
Volgens ouers was die kinders erg verward en ontsteld oor die uitlatings, veral omdat leerlinge van alle rasse van die skool baie goed met mekaar oor die weg kom.
Die departement het glo besluit om die kursus aan te bied nadat ʼn Afrikaanse onderwyseres vroeër vanjaar in ʼn opvoedkundige gesprek met leerlinge verwys het na die “k”-woord waarmee swart mense lank beledig is.
Die Wes-Kaapse departement het haar aangekla, maar sy is onskuldig bevind aan enige oortreding. Tog was die druk op haar blykbaar só groot dat sy moes bedank. Dit is glo gebruik as rede vir die “kursus”.
Volgens ouers het die optrede van die departement nou kwaad gesaai waar daar liefde en wedersydse respek tussen leerlinge was.
Ouers is hierdie week verder ontstel toe die sielkundiges wat in die saal was tydens die sessie, nou terug is by die skool om die leerlinge “traumaberading” te gee.
ʼn Ma van een van die leerlinge sê dit is ʼn belediging dat dieselfde mense wat betrokke was toe die trauma veroorsaak is, nou berading moet gee en dat dit die skade wat aangerig is, net vererger.
Die VF Plus het verskeie vrae oor die aangeleentheid gerig aan die skoolhoof, mnr. Steven Joubert.
Hy was blykbaar nie geneë om die kursus te laat aanbied nie en het gesê dit sou die kinders veral in eksamentyd ontwrig. Hy is glo geen keuse gelaat nie.
Mnr. Joubert het die VF Plus verwys na me. Bronagh Hammond, die Wes-Kaapse onderwysdepartement se direkteur van kommunikasie.
Verskeie pogings om haar telefonies op haar kantoornommer te bereik, was onsuksesvol.
Dit is vir die VF Plus jammer dat kinders deur die aangeleentheid geraak is. Soos wat in Schweizer-Reneke gebeur het, was dit onnodig, ondeurdag en het onskuldige mense die ergste benadeel.
Dit wil voorkom of die DA nie ʼn les geleer het uit wat op Schweizer-Reneke gebeur het nie.
Buiten die klag dring die VF Plus daarop aan dat die DA in die Wes-Kaap onmiddellik opdrag gee dat die onderwysdepartement die betrokke amptenare verbied om hulle enigsins verder met enige skool in die provinsie te bemoei.
White South African Murders page: Murders of Whites from 1996 to 2016
On this page, are collections of the names and details of Whites who were murdered during the period 1996 to 2016. The true number of Whites killed in South Africa since 1994, is stupendous, and nobody has got even a fraction of all the names. But this is the most comprehensive collection that the Boere State Party has currently. My own attorney told me that he thinks 100,000 Whites have been murdered during Black rule.
Get a Free PDF Book: Did Six Million Jews really die in WW2?
This is a classic pamphlet that was written decades ago. This was one of the first serious attempts to question the Jewish holocaust claims of WW2. The German Ernst Zundel went to jail for printing this small book in Canada! Zundel did not write this. This was written by someone in Europe. The original questioning of the Jewish holocaust began in Europe. It was a French professor who had been in a Concentration Camp during WW2 who realised that Jews were making claims that were not true. That is how people slowly began to question the Jewish holocaust story.
Video: Blacks and Jews sing about Killing Whites
This is a short video I found and posted a long time back. The white man in the green shirt standing next to Nelson Mandela is the Communist Jew Ronnie Kasrils. I actually spoke to him in the very early 1990s.