Harry Knoesen: Knoesen wou Generaal van Boerelegioen uithaal – Middelburg Observer
(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)
[Finally, one of my Boer pals found this excellent piece. I have been looking for news about Harry Knoesen's trial and to find out what was going on. Here is the first news and some of it is astounding. Jan]Donderdag is tien van die videos wat deur Knoesen op sosialemedia platforms gelaai is, in die hof uitgesaai.
Vandag se verrigtinge het met die twee laaste videos begin, waarna daar oorgeskakel is na klankgrepe wat onder meer op WhatsApp tussen Knoesen en sy volgelinge gestuur is.
Beide vandag se video en klankgrepe het ’n tasbare skuif in Knoesen en sy Crusaders se tweejaar lange openbare propaganda-veldtog vir ’n staatsgreep en volksmoord op swart landsgenote ingelui, met skielike boodskappe van arrestasies, klopjagte en voorstelle dat die “Crusaders leierskap ondergronds vlug”.
In een van die klangrepe klink Knoesen bekommerd en vra of hy “nie twee van die videos moet verwyder nie, omdat dit baie slegte gevolge sou hê as dit ontdek word”.
In ’n voorafgaande video vaar hy skielik uit teen verraaiers – “slegte wit velle” – nadat daar te hore gekom is van ander verregse groepe wat Knoesen glo by die polisie gaan verkla het.
“Generaal” Izak van Zyl van die Boerelegioen is onder meer as een van die verraaiers deur Knoesen uitgekryt.
In ’n daaropvolgende klankgreep vra Knoesen dat “Van Zyl en alles waarvoor hy lief is, uitgehaal word”.
Hy het ook in ’n video getiteld, “Jy is gewaarsku,” gedreig dat Crusader-magte ander verregse leiers en hul gesinne sal uitwis.
“Dis vir my ongemaklik,” sê Knoesen maar las by, “dis ’n opdrag van God”.
In van die grepe praat hy ook oor sy ontmoeting met engele, een maal in sy slaap en ’n ander keer by die braaiplek in sy tuin.
Hy het glo bykans twee uur lank “fees gevier” met die engel in sy slaap in 1993 terwyl sy eksvrou, Hester, tyd gehou het deur te staar na die horlosie op die bedkassie.
Die besoek was ’n jaar voor die eerste demokratiese verkiesings in die land.
Toe die hof om 11:00 vlugtig verdaag, het Knoesen op pad selle toe vir www.mobserver.co.za gesê “dis vernederend!”.
Hofverrigtinge is kort na 11:00 hervat maar om 13:00 weer weens beurkrag uitgestel na Maandag.
The Axeman of Tacoma: Revisiting a Forgotten Black Serial Killer
More of the truth the Jews don‘t want Whites to think about.
Video: The US Government Revoked my VISA and stopped me getting on the plane to the USA
On 30th April, 2024, I was due to get on a plane to the USA. This is a short video about my bizarre experience that day.
Afrikaanse Boeke op AfricanCrisis
Hier is ‘n paar boeke wat jy nie in gewone liberale winkels sal kry nie!