Suid Afrika: Verslag wys BTW-verhogings is nóg ’n dwase stap

(000228.79-:E-000157.73:N-:R-SU:C-30:V)   

Solidariteit glo die Nasionale Tesourie se voorstel om Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) met tot twee persentasiepunte te verhoog om staatsinkomste aan te vul, is ’n waansinnige idee.

Dié stap word glo oorweeg om die voortgesette betaling van die maatskaplike noodtoelae van R350 moontlik te maak te midde van ’n openbare finansiële krisis.

Indien daar op so ’n stap besluit word, sal dit reeds kwesbare huishoudings in Suid-Afrika onnodig onder nóg groter druk plaas.

Met die vorige BTW-verhoging in 2018 is gesien hoe dit bykans net die helfte van die tesourie se verwagte opbrengs gelewer het – ’n duidelike aanduiding dat Suid-Afrikaners rééds oorbelas is.

Enige pogings om belasting verder te verhoog sal nie die gewenste uitwerking hê nie, en daarmee sal die Tesourie in werklikheid bloed uit ’n klip probeer tap. Dit word ook duidelik gestel in ’n verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

“Die oplossing vir die verwagte begrotingstekort moet aan die uitgawekant gesoek word. Die staat moet dringend sy besteding in bedwang bring en meer van sy take aan die privaat sektor oorgee. Die regering moet besef hy het eenvoudig nie meer geld om hersenskimme soos die NGV en allerlei ander onsinnige idees na te jaag nie,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die SNI.

“Die eintlike oplossing is dringende ekonomiese groei. Hiervoor is besteebare inkomste die deurslaggewende faktor, en ’n belastingverhoging sal dit onder selfs meer druk plaas.

“Die regering moet eerder daarop fokus om hindernisse vir die privaat sektor uit die weg te ruim en om die kragkrisis met behulp van die privaat sektor op te los. Dit sal die staat niks kos nie en die belastingbasis dramaties verbreed.”

Solidariteit doen daarom ’n beroep op die Tesourie om doelgerig teen wanbesteding op te tree. Voorts is die Tesourie ook ’n verskoning aan die mense van Suid-Afrika verskuldig.

“Die mate waartoe hulle gewone en hardwerkende mense in die land met hoër belasting dreig, is ’n skande. Landsburgers betaal uiteindelik weer die prys vir die regering se onbeholpenheid,” sê Du Buisson.

Lees Solidariteit se volledige verslag oor beplande BTW-verhogings hier.

Source: https://aanlyn.solidariteit.co.za/publieke/artikel/verslag-wys-btw-verhogings-is-nog-n-dwase-stap



Jan‘s Advertisement
Video: The most important War: The War of Culture and Values
This is the most important war that the European Race must never lose. If we lose this, were in big trouble as a race. This is where we have to draw a line in the sand.


Jan‘s Advertisement
Jan‘s Videos about the Boers...
Here is a list of most (but not all) of my videos about Boers...


Jan‘s Advertisement
Video & Audio: Whites: Strategy Versus Tactics
This is a very important video. When you understand this, you‘ll grasp how Whites survive even when they don‘t have a plan! And why we always stand a chance against racial enemies.