MOORD: Bloed by mynskag is dalk Nel s’n
(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Deon Nel is nou al bykans drie weke vermis, tog bly sy familie hoop op goeie nuus.
Sy foto en inligting is al derduisende kere op sosiale media versprei. Nuus dat sy liggaam waarskynlik in ‘n verlate mynventilasieskag afgegooi is, begin ook nou insink. ‘n Woordvoerder van die familie wat anoniem wil bly het aan Klerksdorp Rekord gesê dat die uitslag van die DNS-toetse wat by die skag geneem is, waarskynlik op Woensdag 26 Julie bekend sal wees. Dit het verlede week bekend geword dat die polisie en mynprotospanne bloed by die mynskag gekry het.
“Ons hoop en bid dat die bloed nie syne is nie,’’ het die woordvoerder gesê.
Die woordvoerder het ontken dat die familie ‘n reuse bedrag geld aangebied het sodat Nel se liggaam – indien dit hy is – uit die skag gehaal kan word. Klerksdorp Rekord het gehoor die skag is amper 2 km diep en dit sal baie gevaarlik wees vir enigeen om af te sak en die liggaam na die oppervlak te bring. Klerksdorp Rekord is ook gevra om die familie se privaatheid in die moeilike tyd te respekteer.
Nel, of Stompie soos hy bekendstaan, is sedert 5 Julie vermis.
Hy is laaste gesien by ‘n kroeg op Wolmaransstad. Sy familie het die volgende dag ‘n selfoonboodskap gekry waarin ‘n losprys vir sy veilige terugkeer geëis is.
Twee verdagtes het in die hof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is by ‘n huis in Randlespark met van sy besittings, asook bloedbevlekte klere wat glo aan hom behoort. Sy bakkie is ook in Lesotho opgespoor.
Die polisie is steeds besig met die ondersoek en hou die familie op hoogte, het kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.
South Africas 816 millionaire police bosses!
There are an estimated 816 employees in the South African Police Service (SAPS), including the minister of police and the deputy minister, who earn between R1.1 million and R2.7 million.
S.Africa: GOD ORDERED IT! Exterminate the Blacks: Harry Knoesen and the Crusaders
I‘ve been waiting for this for a long time. A lot of what happened, also happened on the phones, and clearly the videos and audios are now in court.
S.Africa: AIDS madness: Blacks having sex with: Dogs, Goats and Donkeys
AIDS is making Blacks crazy in so many ways. First it was the raping of babies which has not stopped. But now they are turning to bestiality. I have mentioned such stories in the past and put them on the site.