AFRIFORUM VERWELKOM UITSPRAAK OOR VUURWAPENLISENSIES WAT VERVAL HET

(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)   

AfriForum het met tevredenheid kennis geneem van ’n hofuitspraak wat die Hoogste Hof van Appèl op 22 April 2021 gelewer het. Ingevolge dié uitspraak moet vuurwapeneienaars waarvan die lisensies verval het nou toegelaat word om van voor af vir dié vuurwapenlisensies aansoek te doen.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het aanvanklik geweier om nuwe aansoeke te oorweeg vir mense wat hulle in dié penarie bevind. Die SAPD se weiering om dié aansoeke te aanvaar, was geskoei op ’n skrywe van die Kommissaris van die SAPD van 3 Februarie 2016. Dié brief het aangedui dat sulke aansoeke nie deur die SAPD aanvaar moet word nie, maar dat persone daarop gewys moet word dat hulle hul vuurwapens by die naaste polisiekantoor moet inhandig.

“Die uitspraak skep geleentheid vir persone wie se vuurwapenlisensies verval het om van voor af vir die lisensies aansoek te doen sonder om op ’n verdere amnestieperiode te wag,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid.

AfriForum het gereeld met groot sukses voldoende druk op die Minister van Polisie geplaas om verdere amnestietydperke in te stel en te oorweeg sodat vuurwapeneienaars van lisensies wat verval het die geleentheid het om weer wettig in besit van hul vuurwapens te wees.

“Dié uitspraak skep sekerheid by ’n groot aantal Suid-Afrikaners wat per abuis nie hul lisensies betyds hernu het nie en vir watter rede ook al nie van die amnestietydperke gebruik gemaak het nie. Hulle het dus geen ander uitkoms gehad om hul vuurwapens wettig te besit nie,” sluit Kamfer af.

Source: https://afriforum.co.za/afriforum-verwelkom-uitspraak-oor-vuurwapenlisensies-wat-verval-het/



Jan‘s Advertisement
Afrikaanse Boeke op AfricanCrisis
Hier is ‘n paar boeke wat jy nie in gewone liberale winkels sal kry nie!


Jan‘s Advertisement
White Shop: SS Eagle Head flag
The flag is a polyester blend material and are 35 (3 feet by 5 feet) in size.


Jan‘s Advertisement
Video: White Break Out: What is The Chaos? Why did I think of it? Why do I LOVE THE CHAOS?
Today I want to discuss, in detail, a concept I thought a lot about more than 20 years ago during my early years on the Internet.