Minister van gesondheid moet eers voor portefeuljekomitee verskyn oor konsep-gesondheidsregulasies

(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)   

Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, moet eers voor die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid verskyn voordat hy die konsep-regulasies wat die ramptoestand moet vervang, finaal publiseer.

Die spertyd vir kommentaar en insette wat belanghebbendes kan indien, eindig vandag, 5 Augustus 2022.

Die VF Plus het reeds verskeie kere die minister daarop gewys dat die konsep-regulasies onttrek moet word en eerder heeltemal geskrap moet word. Die party het ook sy kommentaar teen die regulasies op 23 April 2022 ingedien.

Die minister sal eers aan die portefeuljekomitee verslag moet kom doen oor hoeveel insette belanghebbendes oor die regulasies ingestuur het. Daar moet ook verslag gelewer word oor die hoeveelheid belanghebbendes wat vir en teen die regulasies is.

Sodoende sal daar parlementêre oorsig oor die openbare deelnameproses gevoer kan word.

Die magsvergrype van die ANC-regering mag nie langer geduld word nie. Daar bestaan wye teenstand teen die konsep-regulasies en hierdie besware het wyd uitgekring sedert die president die ramptoestand op 4 April vanjaar opgehef het.

Die VF Plus het die voorsitter van die portefeuljekomitee vir gesondheid vandag versoek om die minister in te lig om eers verslag aan die komitee te kom doen voor die finale ondertekening en publisering daarvan in die Staatskoerant.

Indien daar nie aan die VF Plus se versoek gehoor gegee word nie, sal dit neerkom op ‘n gruwelike skending van die demokratiese prosesse in Suid-Afrika deur die ANC-regering.

Source: https://www.vfplus.org.za/media-releases/minister-van-gesondheid-moet-eers-voor-portefeuljekomitee-verskyn-oor-konsep-gesondheidsregulasies



Jan‘s Advertisement
White Shop: 20 x Stickers: White People Rock
These are Glossy, high quality stickers. 3 inches by 5 inches. Pack of 20 stickers.


Jan‘s Advertisement
You can follow Jan on Minds
I do post on Minds daily.


Jan‘s Advertisement
V03: Intense Jewish HATRED for the 2nd Hitler: Dr Hendrik Verwoerd of S.Africa
Many South Africans are not even aware of the enmity between Verwoerd and the Jews. In this video we take a look at Verwoerd and what his opinion was of the Jews and the actions he thought should be taken against them. We also look at how much the Jews hated him.
Skip to toolbar