Afrikaanse onderrig nóg meer in aanvraag – aldus verslag

(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)   

Om Afrikaans as onderrigtaal op skool én universiteit te hê, word as uiters waardevol deur die skoolverlatersklas van 2023 geag.

Dit was van die bevindings van Solidariteit Jeug se Skoolverlatersverslag wat so pas vrygestel is.

Die verslag is die derde van sy soort en volg op verslae van 2021 en 2022 – studies wat ook deur Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI) behartig is.

Die vorige verslae het uitsluitlik op Gautengse skole gekonsentreer, maar die 2023-verslag is die eerste nasionale verslag wat Solidariteit Jeug kan uitreik.

Hierdie positiewe sentiment oor Afrikaans dui op ? groeiende neiging sedert die 2022-verslag, toe sowat 63% van leerders aangedui het hulle voel positief oor Afrikaans as onderrigtaal op skool.

In 2023 se verslag, waaraan leerders van 101 skole deelgeneem het, is die volgende vasgestel:

• Meer as 73% van die leerders voel positief of baie positief oor Afrikaans as onderrigtaal op skool (? 10%-toename).

• Slegs sowat 1% van leerders voel negatief oor Afrikaans as onderrigtaal op skool.

Ook wat tersiêre opleiding betref, is ? behoefte onder skoolverlaters om dit in hulle moedertaal te ontvang, waargeneem:

• Bykans 50% het aangedui hulle wil graag verder studeer deur middel van Afrikaans as onderrigtaal.

• Hierdie leerders sê hulle wil dit doen juis omdat Afrikaans as hulle huistaal meer verstaanbaar is.

Die oorgrote meerderheid van leerders het aangedui hulle is van voorneme om verder te gaan studeer ná skool:

• 82,88% van die leerders wil ná skool verder studeer.

• 12,47% is onseker oor wat hulle ná skool wil doen.

• 4,65% het aangedui hulle gaan nie verder studeer nie.

Meer as 40% van studente wat aangedui het hulle wil verder studeer, het egter ook gesê hulle beskik nog nie oor befondsing vir hul studie nie.

Die gewildste studierigting onder skoolverlaters is onderwys, terwyl die meeste voornemende studente na verskeie mediese studierigtings mik.

Die verslag maak ook verskeie ander bevindings oor die voornemens van matrikulante van 2023.

Volgens Johnell van Vollenhoven, onderwysnavorser verbonde aan die SNI, kan die neigings wat die verslag aan die lig bring, help om die jeug se behoeftes wat hul studie en loopbane betref beter te verstaan.

“Dit is opvallend hoe gewild Afrikaans as onderrigtaal werklik is en dat die leerders die praktiese implikasie daarvan so duidelik verstaan.

“Die rol van Afrikaanse skole in Suid-Afrika is beslis nie uitgedien nie en die vraag na tersiêre instellings waar Afrikaanssprekende leerders verdere opleiding in Afrikaans kan ontvang, ook nie,” het Van Vollenhoven afgesluit.

Source: https://aanlyn.solidariteit.co.za/publieke/artikel/afrikaanse-onderrig-nog-meer-in-aanvraag-aldus-verslag



Jan‘s Advertisement
Video & Audio: WW2 Lies: The Real SECRET Reason why Russia survived the German Invasion: The USA!!!
In October 1941, Hitler claimed that Russia had been totally defeated and it would never rise again. Modern Russians lie about WW2 claiming that they beat the Germans without any real help.


Jan‘s Advertisement
2004: After White Farmers chased out of Zim: 100 White Zim Farmers create 4,118 Jobs in Mozambique
After Mugabe chased White Farmers out of Zimbabwe, small groups of them went to other worthless Black countries and made a massive, positive impact.


Jan‘s Advertisement
Audio: Christa Schroeder: The Memoirs of Adolf Hitlers Secretary
This lady worked for Hitler for 12 years. She was very interested in Hitler as a person and even in his past. She was in his inner circle for many years and saw many things. She never married and she survived WW2.
Skip to toolbar