Regering faal SA … wéér

(000228.79-:E-000157.73:N-:R-SU:C-30:V)   


Jan‘s Advertisement
Video: How Rhodesia & South Africa killed 1 million+ Blacks after Portuguese Collapse
This is the story of something that the Rhodesians kicked off in desperation after the Portuguese had collapsed. Its effect lasted decades and huge numbers of Blacks died and it had massive effects on a Black nation. In this video I also discuss many deeper things including my discussions with President PW Botha.


Vir die soveelste keer het die ANC-regering gewys hy stel nie die belange van Suid-Afrikaners en die toekoms van die land eerste nie as dit by besluitneming kom.

Dít is die enigste gevolgtrekking wat mens kan maak nadat die Parlement die week die Onteieningswet ingestem en dit na die Nasionale Raad van Provinsies vir finale goedkeuring gestuur het voor dit deur President Cyril Ramaphosa as wet geteken word.

Die Onteieningswet het ’n klousule wat voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding.

“Dit is verbysterend dat met die land se ekonomiese insinking, die werkloosheid en armoede daar steeds rolspelers is wat besluite neem wat beleggersvertroue afbreek en wat alles in hul vermoë doen om ons ekonomie nie tot by groei uit te bring nie. Die land se geskiedenis sal dié mense oordeel,” sê mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA.

“Dié stuk wetgewing is uiters kortsigtig. Wie sal enigsins belê in ’n land waar die staat sodanige magte aan homself toe-eien? Met ’n werkloosheidsyfer wat juis as gevolg van die ANC se transformasiebeleid weghardloop, is dit ’n ope vraag hoe die regering die pad vorentoe sien ten opsigte van beleggingsvertroue? Dit is immer die beginpunt van ekonomiese groei. Ekonomiese groei is terloops die enigste wyse hoe die sosio-maatskaplike realiteit wat elke dag vererger mettertyd opgelos kan word.”

Die beginsel van privaatbesitreg vorm die basis van welvaartskepping en moet ten alle koste beskerm word. Die weg wat die regering inslaan het wêreldwyd nog net armoede en baie hartseer veroorsaak.

“Ons is duidelik nie op die regte pad om ons land ekonomies te laat groei nie. Die regering van die land is besig om elke jongmens se toekoms te steel.”

Die regering is veronderstel om die klimaat en omgewing te skep vir entrepreneurs om besigheid te wil doen en te belê in die land.

“Maar nou het die ANC weer gewys hy stu net voort met wat goed vir hom as party is en nie wat in belang van die land en sy inwoners is nie. Dit is vir almal – behalwe die ANC – duidelik dat onteiening sonder vergoeding ekonomiese vooruitgang dit in al sy fasette verdoem.”

Uitgereik deur: TLU SA
Datum: 30 September 2022



Jan‘s Advertisement
Video: SA Race War: 1st Battle Between Blacks & Whites Part 1
Alex and I discuss a battle in Pretoria where a mob of white men and women fought blacks. A few people were injured, some seriously.

%d bloggers like this:
Skip to toolbar