Geen oplossing vir misdaad behalwe om dit self te doen nie


Jan‘s Advertisement
2010: S.Africa: Julius Malema incited Blacks to rape, torture & murder Afrikaans farm owners
An Afrikaans farmer and his family fled South Africa after deciding to lay charges against Julius Malema. In his affidavit he said that 2380 Afrikaners had been murdered in the last 16 years and some had been tortured.


[Nou praat jy!!! Dit is PRESIES DIT! Ons sal die WET in hierdie land moet word. Ons sal al die dinge moet doen wat die Regering behoort te doen, maar te vieslik en haatvol en idioot is om te doen. Jan]

Dat misdaad in Suid-Afrika buite beheer is en die SAPD klaaglik misluk om dit te bekamp is nie meer nuus nie. Die oorsaak daarvan is ook geen geheim nie. Die enigste kwessie van belang is hoe lank Suid-Afrikaners gaan toelaat dat dit voortgaan.

Die jongste kwartaal (April tot Junie 2023) se misdaadstatistiek is vandag deur die Minister van Polisie, Bheki Cele bekendgemaak. Volgens die statistiek word daar steeds drie mense per uur vermoor, vier mense verkrag en sestien mense ernstig aangerand. Daar vind daagliks 409 huisbrake plaas. Volgens die SAPD het 14 plaasmoorde plaasgevind en is 6 281 stuks vee die afgelope drie maande gesteel. TLU SA se statistiek verskil hiervan.

“Die misdaadstatistiek, hoe onakkuraat dit ookal mag wees, is onaanvaarbaar. Ons gaan beslis nie ‘n effense afname in sommige oortredings verwelkom nie, want elke enkele misdaad is een te veel,” sê Bennie van Zyl hoofbestuurder van TLU SA. “Suid-Afrikaners moet begin om die beskikbare oplossings te gebruik om die land van die swak bestuur van die regering te bevry, soos om weldeurdagte besluite by die stembus te maak, wetgewing teen te staan waar nodig en nie te verval in ‘n volstruiskop-in-die-grond-reaksie oor die regering se beleidsrigting nie. Niks gaan verander of verbeter as die ANC aan stuur van sake is nie.”

TLU SA is deurentyd besig om mense raad te gee oor hoe om onafhanklik van die staat te funksioneer en aksies van stapel te stuur om wetgewing teen te staan of te verander, terwyl ons die regering aanvat oor alles wat die ekonomie skade aandoen. TLU SA sal nie opgee om te baklei vir ‘n volhoubare ekonomie en vooruitstrewende land nie.

Sluit gerus as ondersteuner aan om TLU SA die vermoë te gee om hiermee voort te gaan.

UITGEREIK DEUR TLU SA
Datum: 18 Augustus 2023

MEDIANAVRAE:

Bennie van Zyl (TLU SA, Hoofbestuurder)
082 466 4470
Of
Henry Geldenhuys (TLU SA, President)
083 560 1273



Jan‘s Advertisement
2005: After White Farmers chased out: A Few White Farmers make Zambia BOOM!!
After Mugabe chased thousands of White farmers away, a few hundred went to other countries including Zambia. Those White farmers made entire countries BOOM!

%d bloggers like this:
Skip to toolbar