AfriForum veroordeel die aanstelling van NGV-werkers; moontlike regsaksie volg
(:E-:N-:R-AZ:C-30:V)
DeurAfriForum 05/08/2022
Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel die aanstelling van 44 werknemers om vanaf Januarie 2023 aan die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te werk, ten sterkste en het sy regspan opdrag gegee om die saak te ondersoek. AfriForum voer aan dat hierdie aanstellings teen ’n koste van R30 miljoen geheel en al irrasioneel en onverdedigbaar is, omdat die wetgewingsproses nie naastenby afgehandel is nie. Die Departement van Gesondheid het ook aangekondig dat verdere poste in 2023/24 beskikbaar sal word wat die NGV se tegniese en administratiewe personeel tot ’n totaal van 132 sal laat groei.
“Die regering wys minagting vir die wetgewingsproses deur reeds werknemers vir die NGV aan te stel, terwyl die wetgewing nog hoegenaamd nie deur die parlement aanvaar is nie. Dit wys verder dat die regering hulself nie glad steur aan die openbare deelnameproses nie, wat ook gesien is deur die wyse wat die regering kommentaar op voorgestelde wysigings van die gesondheidswetgewing geïgnoreer het,” sê Reiner Duvenage, veldtogebeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.
Die regering poog reeds ’n aantal jare om ’n gemonopoliseerde gesondheidstelsel op die land af te dwing en het die NGV-wetsontwerp in 2019 in die parlement ter tafel gelê. AfriForum voer aan dat NGV onbekostigbaar en onuitvoerbaar is, maar ook sal lei tot die massa-emigrasie van gesondheidswerkers. Boonop het die regering tydens die Covid-19-pandemie weer bewys dat dit nie daartoe in staat is om publieke fondse te bestuur nie en dat dit behep is met mag.
“Die NGV word korrek as die ‘Eskom van gesondheidsorg’ bestempel en sal die grootste regeringsentiteit word wat ongeveer R470 miljard jaarliks sal bestuur. Die onvermydelike wanbestuur en mislukking van die NGV sal dus die gesondheidsorgsektor as geheel vernietig. AfriForum sal voortgaan om teen die NGV te veg met alle middele tot ons beskikking,” sluit Duvenage af.
Video & Audio: Enormous Lies about the Confederates & the Evil Malice of the Freeing of the Slaves
In this show we discuss the Confederates and the American Civil War which took America in the wrong direction and which negatively impacts America to this day.
Video: Liberals102a: Slippery Liberals Insurance Fraud
I look at some big insurance frauds that were perpetrated by Liberals.
Video: South Africa: Person SUPER INEFFICIENCY Youve got to see it to believe it
This is totally true. Here you‘ll see it clearly. This type of stuff happens. Jan