Plaasmoorde neem toe
(005875.811-:E-000062.43:N-AC:R-SU:C-30:V)
Plaasaanvalle is weer aan die toeneem en die wreedheid van die aanvalle is ontstellend.
Die wreedheid van onlangse plaasmoorde op ’n boer van Waterval-Boven (om net sy bakkie te steel) en ’n boer van Delmas is uiters kommerwekkend.
“Een plaasaanval of -moord, is een te veel. Namens TLU SA spreek ons ons medelye uit teenoor Gideon Swart se familie en vriende. Sy broer Ruben boer op buurplaas en is TLU SA-lid. Ook die familie van die Delmas-boer is in ons gebede,” sê dr. Gawie Lötter, TLU SA Bestuurder: Veiligheid.
“Ons sien nie net weer ’n toename in plaasaanvalle en -moorde nie, maar ook eskalering in die wreedheid van die voorvalle. Met die aanvalle is daar gevalle van veediefstal, die steel van plaastoerusting en die diefstal van wapens wat in die verkeerde hande beland. Veral laasgenoemde is uiters gevaarlik.”
Sedert 1990 is daar reeds 2203 plaasmoorde aangemeld. Teen 27 September was daar reeds 33 moorde vir 2022 op die rekordboek.
Daar is ’n duidelike toename in plaasaanvalle. In Junie was daar twee plaasmoorde, maar sedertdien is die getalle aan die toeneem. Julie was daar sewe en in September reeds ses.
Vir TLU SA wys dit op die opportunistiese optrede van misdadigers. Die politieke klimaat met gesprekke wat fokus op onteiening sonder vergoeding, binne-gevegte in die regerende party en oneffektiwiteit van die SAPD is van die faktore wat klimaat skep vir misdadigers om ekstra kanse te vat.
Volgens Lötter is die dawerende stilte van die regering onrusbarend.
“Ons is reeds duidelik bewus dat die toepassing van wet en orde deur die SAPD nie na wense is nie, en met nog wapens in die hande van kriminele, is dit net ’n tydbom wat wag om te ontplof,” voeg Lötter by.
TLU SA veroordeel hierdie plaasaanvalle ten sterkste en verwag van die regering en Minister van Polisie om dieselfde te doen en alle middele tot hul beskikking aan te wend om die misdadigers tot verantwoording te bring.
Uitgereik deur: TLU SA
Datum: 28 September 2022
Video: When Belgium, White Africans & Blacks fought the Evil Communist Loving UN
This is the strange story of how the Belgians were forced out of their own colony by the globalist United Nations and how America sided with communists. Facing them were Blacks who were supported by the Belgians, South Africans and Rhodesians.
White Shop: 20 x Stickers: Illegal Aliens
These stickers have a lot of scary information on them like: Annually, 75 of all illegal drugs arrive from Mexico at a cost of $120 billion. In addition, our tax dollars pay $80 billion for the War on Drugs each year and much more...
Video: S.AFRICA BLOODBATH: 120,000 Murders between 2018-2023 80,000 unsolved murders!
Listen to the insane statistics in this video. Jan