VF Plus-skok en medelye ná plaasmoord in Noord-Kaap

(:E-:N-:R-AZ:C-30:V)   

Die moord op ‘n bejaarde vrou en die ernstige aanranding van haar man op ‘n plaas naby Olifantshoek in die Noord-Kaap, stuur opnuut skokgolwe deur dié rustige provinsie.

Die plaas is sowat 15km buite die dorp op die N14-hoofroete.

Die VF Plus spreek sy medelye uit met die oorlewende van die aanval, asook met die egpaar se naasbestaandes en vriende. Hierdie moord laat opnuut die kalklig op die verslegtende veiligheid in plattelandse gebiede val.

Volgens die polisie se woordvoerder in die Noord-Kaap, is die vrou se vasgebinde liggaam vanoggend in die huis gevind. Haar man kon homself bevry en is in die veld gevind. Hy ontvang tans mediese behandeling.

Volgens aanduidings was die aanvallers werknemers van die egpaar en bes moontlik buitelandse burgers.

Die aanval vestig die aandag op verskillende sake wat in werklikheid reeds bekend is: Kwesbare mense word in aanvalle geteiken, ‘n maklik bereikbare ontsnaproete help misdadigers om weg te kom en die oënskynlike rustigheid van ‘n omgewing kan misleidend wees.

Die VF Plus weerhou hom van verdere kommentaar totdat meer besonderhede bekend is. Verklarings wat op valse inligting gegrond is, kan soms meer doen om gemoedere op te jaag as wat dit help om toekomstige aanvalle te voorkom.

Source: https://vfplus.org.za/media-releases/vf-plus-skok-en-medelye-n-plaasmoord-in-noord-kaap



Jan‘s Advertisement
Video: Man Chat: Spanglish: How Liberal Hollywood Backstabs People & distorts the USA
We take a look at a movie called Spanglish, a very popular Hollywood movie that was created by Liberals, and where the prime actor is a Liberal. We look at how Liberals put propaganda into a movie.


Jan‘s Advertisement
Video & Audio: Ladies Chat: What Dedicated Women are trying to do
We did this chat because I was trying to get information about womens organisations which could help mothers and other women in the movement. I chatted to 3 ladies about this. We spoke about motherhood and how women can be helped. We covered a wide range of topics.


Jan‘s Advertisement
Get a Free PDF Book: Rivonia Unmasked!
This is the amazing story of how Liberals in S.Africa guided People and helped People to plan a MASSIVE ETHNIC CONFLICT to SLAUGHTER the People of S.Africa. This was almost like a 911. The Afrikaners caught the Liberals and the People red-handed. I will turn this into an audio book as well. It‘s a stunning story that is very much hidden and forgotten.