Lindiwe Sisulu se rasse-aanval is om aandag van wanbestuur, korrupsie en onbevoegdheid in haar departement weg te lei


Jan‘s Advertisement
Best Independent Website that monitors Ukrainian Tank losses in Ukraine War
Oryx is a brilliant independent Dutch website that monitors lots of military losses including the losses of Russian and Ukrainian tanks. They ONLY count vehicles that they can get photos of and can prove that these are the correct vehicles that were destroyed. This link will take you to see the verified Ukrainian tank losses and you can click to see the photos.


Dit is ‘n skande dat Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, tydens die departement se begrotingsdebat in die nasionale raad van provinsies (NRP) ʼn rasse-aanval op witmense gedoen het in ‘n poging om die aandag weg te lei van die wanbestuur, korrupsie en bedrog in haar departement.

Haar aanval op witmense het gevolg nadat die VF Plus haar daarop gewys het dat waterbesoedeling weens ʼn gebrek aan beplanning en kundigheid in onder meer munisipaliteite krisisafmetings aanneem en ʼn bedreiging vir die totale bevolking inhou.

Sisulu het in haar repliek in die debat onder meer gesê dat onverwerkte riool wat in strate afvloei en in watersisteme beland, witmense se skuld is en dat hulle daarom nie daaroor kan kla nie. Sy het boonop geïmpliseer dat sy daarom geen simpatie het met witmense wat hierdeur geraak word nie.

Hierdie uitsprake is des te meer afstootlik omdat dit ook volg op ʼn erkenning van Susan Shabangu, voorsitter van die departement se tugkomitee, voor die parlementêre portefeuljekomitee dat die departement weens onreëlmatige tenders, korrupsie en bedrog ʼn enorme verlies van R31 miljard gely het.

Sisulu het voortgegaan en in haar tirade ook gesê dat die aanstelling en ontplooiing van (ongekwalifiseerde) Kubaanse ingenieurs ʼn grondwetlike verpligting is wat sy moet nakom.

Sulke rasverdelende en irrasionele uitsprake deur ʼn kabinetsminister wat veronderstel is om verantwoordelik te wees vir ʼn departement wat letterlik die oorlewing en welsyn van die hele bevolking moet verseker, is verstommend.

Dit is ook tekenend van ʼn ANC-regering wat totaal uit voeling met die realiteit is en telkens op geykte en kwalik bedekte rassistiese uitsprake moet terugval om sy onbevoegdheid te verbloem.

Die VF Plus het Donderdag tydens die vrae- en antwoordsessie van pres. Cyril Ramaphosa in die NRP die kwessie onder sy aandag gebring en aangedring dat gepaste stappe teen Sisulu geneem word.

Daar kan nie toegelaat word dat ʼn departement met so ʼn kritiek belangrike verantwoordelikheid gelei word deur iemand wat skynbaar geen begrip het van die erns en omvang van haar verantwoordelikhede nie.

Kiesers moet in die komende plaaslike regeringsverkiesings opstaan, saamstaan en met hul stemme verseker dat die ANC uit regering verwyder word.

Source: https://www.vfplus.org.za/media-releases/lindiwe-sisulu-se-rasse-aanval-is-om-aandag-van-wanbestuur-korrupsie-en-onbevoegdheid-in-haar-departement-weg-te-lei



Jan‘s Advertisement
2005: S.Africa: Soweto: Did Black school boys keep dogs for sex?
This was a Mass Media news story about 4 Black boys who kept 12 dogs for sex. In this article you‘ll also see Blacks having sex with goats and sheep.

%d bloggers like this:
Skip to toolbar