Cele se wangedrag ʼn skande

Die wyse waarop die minister van polisie, Bheki Cele, gereageer het nadat mnr. Ian Cameron van die organisasie Action Society tydens ʼn gemeenskapsvergadering vrae oor misdaad aan hom gestel het, is onaanvaarbaar en skandalig.

Dit is tekenend daarvan dat Cele beheer verloor oor homself, die polisie en die bestryding van misdaad.

Ongeag van die feit of daar moeilike of ongemaklike vrae gestel word, moet veral ʼn minister van polisie gedissiplineerd kan optree juis om ʼn voorbeeld te stel oor hoe daar in sekere situasies opgetree moet word.

Minister Cele is nie net aan die mense van Guguletu en aan mnr. Cameron ʼn verskoning skuldig nie, maar ook aan die mense van Suid-Afrika.

Ek sal hierdie saak by die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie laat bespreek.

Hierdie gedrag van ʼn minister wat beheer verloor voor ʼn gemeenskap waar misdaad ernstig aangespreek moet word, kan nie geduld word nie.

Source: https://vfplus.org.za/media-releases/cele-se-wangedrag–skande

%d bloggers like this:
Skip to toolbar